Promo available

Kreeftegang, deur Günter Grass

$226.28 MXN
50% off (South Africa only). Promotion auto-applied on checkout.

In hierdie blitsverkoperroman word die verhaal vertel van die Wilhelm Gustloff, 'n Duitse passasiersboot wat op 30 Januarie 1945 deur 'n Russiese duikboot gekelder word met ongeveer 9 000 vlugtelinge aan boord. Onder meer het 4 000 kinders omgekom in die grootste skeepsramp nog ooit, veel meer as op die Titanic.

Eintlik begin die storie op die internet waar die seun van 'n oorlewende 'n webwerf aanhou oor die Gustloff, en ons beweeg heen en weer in kreeftegang tussen hede en verlede. In die kuberruim ontdek Paul Pokriefke die verlede wat hy so graag wou vergeet, en word hy gekonfronteer met die neo-Nazi-simpatieë van sy seun.

Nog nooit is 'n skeepsramp so spannend en aangrypend uitgebeeld nie, maar as die skip uiteindelik sink is alles nog lank nie verby nie want die geskiedenis het die neiging om homself te herhaal...

Paul en sy seun Konrad, asook sy moeder Tulla, verteenwoordig drie houdings teenoor die geskiedenis: een het dit beleef, 'n ander wil dit vergeet en 'n derde wil dit weer ophaal uit die koue dieptes van die Oossee. Vir die Afrikaanse leser wat dalk ewe ongemaklik oor sy geskiedenis voel as Paul Pokriefke, bied KREEFTEGANG stot tot nadenke.

Günter Grass, skrywer van die internasionale blitsverkoper Die Blechtrommel (Die Bliktrom), is in 1927 gebore en sterf in 2015. Hy ontvang in 1999 die Nobelpryse vir Letterkunde. KREEFTEGANG was in 2002 die suksesvolste Duitse boek en net in hardeband is daar meer as 500 000 eksemplare daarvan verkoop.

Dropdown

Quality Guarantee & Returns

  • Quality is guaranteed. If there is a print error or visible quality issue, we'll replace or refund it.
  • Because the products are made to order, we do not accept general returns or sizing-related returns.