Die ommegang, deur Jan van Aken

RM 83.74

DIE DORS NA HANDGESKREWE BOEKE IS EWE STERK AS DIE VERSUGTING NA DRANK EN VERLEIDELIKE VROUE – MET ALTE LOSSE SEDES

In hierdie meesleurende verhaal wat in die laat 1300’s en vroeë 1400’s afspeel, maak ons kennis met Isidoor van Rillington wat regoor Europa en Asië reis op soek na kennis en insig. Hy trotseer oorloë, ontvoerings en die Katolieke Kerk wat sy eie skeuring probeer besweer deur al hoe meer Protestantse ketters op die brandstapel tereg te stel.

Dis ‘n lang reis, meesal te voet, wat eindig in die stad Konstanz waar ‘n sadistiese inkwisiteur gereed maak om meer as een onskuldige gelowige te laat boet. Beleef die Middeleeue soos nog nooit tevore nie: die groot stede met hul strate en stegies, hul musiek en katedrale.

Indien u nie per kaart wil betaal nie, kan u R400 (R340 + R60 aflewering) oorplaas na: Praag-uitgewery, TymeBank, Takkode: 678910. Rekeningnr.: 53002057305. Verwysing: u voorletters en van. In daardie geval stuur asb. u straatdres en selnr na winkel@praag.org

Dropdown

Quality Guarantee & Returns

  • Quality is guaranteed. If there is a print error or visible quality issue, we'll replace or refund it.
  • Because the products are made to order, we do not accept general returns or sizing-related returns.