Die lemmingmense, deur Fransi Phillips
En hy sou vra: „Wat is verkeerd daarmee om reg te wees?”
En ek sou sê: „Ek dink mens moet soms jou bek hou, al is jy reg.”
En hy sou vra: „Volgens watter wet?”
En ek sou sê: „Die lemmingmense se wet.”
En hy sou vra: „Watse soort wet is die wet van die lemmingmense, en wat laat jou dink dat jy in my kantoor aan so ’n onnosel wet onderworpe is?”
En ek sou sê: „Ek het hierdie gewoonte aangeleer om dit te gebruik teenoor mense wat ek nie ken nie.”
En hy het gesê: „Wel, moet dit nie teenoor my gebruik nie, jy beledig my intelligensie.”
En ek het gesê dat ek jammer is, hoewel ek eintlik bly was om te weet dat hy minstens intelligent genoeg was dat dit moontlik was om sy intelligensie te beledig.
Indien u nie per kaart wil betaal nie, kan u R280 (R220 + R60 aflewering) oorplaas na: Praag-uitgewery, TymeBank, Takkode: 678910. Rekeningnr.: 53002057305. Verwysing: u voorletters en van. In daardie geval stuur asb. u straatdres en selnr na winkel@praag.org
Quality Guarantee & Returns
- Quality is guaranteed. If there is a print error or visible quality issue, we'll replace or refund it.
- Because the products are made to order, we do not accept general returns or sizing-related returns.